Richard Burton

Richard Burton
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Burton in 1953 in The Robe.

Geboortenaam Richard Walter Jenkins
Geboorte (1925-11-10)10 November 1925
Sterfte 5 Augustus 1984 (op 58)
Aktiewe jare 1944–1984

Richard Burton CBE (10 November 19255 Augustus 1984) was ’n Walliese akteur van die verhoog en rolprente[1] wat bekend was vir sy soetvloeiende baritonstem en toneelspeltalent.[2][3]

Hy is sewe keer vir ’n Oscar benoem, maar het nooit een gewen nie. Hy het wel Bafta-, Golden Globe- en Tony-pryse vir beste akteur ingepalm. In die middel 1960's was hy onder die sterre wat die gewildste by die loket was,[4] en teen die laat 1960's was hy een die bes betaalde akteurs in die wêreld.[5]

Burton se naam word steeds hoofsaaklik verbind aan dié van sy tweede vrou, die aktrise Elizabeth Taylor. Die paar se onstuimige verhouding was selde uit die nuus.[6]

  1. Doodsberig Variety, 8 Augustus 1984
  2. Clarke, Gerald (20 Augustus 1984). "Show Business: The Mellifluous Prince of Disorder". Time Magazine. 124 (8). Besoek op 30 September 2013.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  3. Dowd, Maureen (6 Augustus 1984). "Richard Burton, 58, is Dead; Rakish Stage and Screen Star". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2001. Besoek op 20 Mei 2014.
  4. "Quigley's Top Ten Box-Office Champions (1932-Present)". Tony Barnes Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2013. Besoek op 29 September 2013.
  5. "Biography for Richard Burton (I)" (in Engels). Internet Movie Datbase. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2016. Besoek op 29 September 2013.
  6. "Richard Burton: Life, 1957-1970" (in Engels). The Official Richard Burton Website. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op 20 Mei 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search